Monday 24 June 2013
Hoender Noedel Sop
Hoender Noedel Sop
Gebruik oorskiet hoendervleis om hierdie sop te maak, andersins kan jy hoenderborsies of dytjies in repe sny en roerbraai tot gaar.
BESTANDDELE
30 ml olyfolie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus en gekap
1 rooirissie, aar en sade verwyder en fyngekap
2-3 cm gemmer, geskil en gerasper
1 blik / 400 ml kokosneutmelk
1 x 300 g pakkie vars gemengde groente
Omtrent 400-500 g oorskiet hoendervleis, vel en been verwyder
750 ml hoenderaftreksel
3 pakkies 2 minuut noedels
30 ml sojasous
30 ml soetrissiesous
vars koljanderblare (opsioneel)
Kom ons kook
1. Verhit olyfolie in ’n groot pan en sorteer ui, knoffel, rissie en gemmer vir sowat 4 minute.
2. Voeg kokosneutroom of kokosneutmelk by, asook die gemengde groente.
3. Kook liggies vir sowat 5 minute en voeg dan gaar hoendervleis by. Kook deur.
4. Voeg 2 minuut noedels by en geur met sojasous en soetrissiesous na smaak.
5. Kook deur en bedien in diep sopbakke. Garneer met vars koljanderblare. Bedien as ’n ligte aand- of middagete.