Thursday, 13 June 2013

Gouestroop-souspoeding





180 ml (3/4 k) bruinsuiker
5 ml (1 t) kaneel
410 ml (1¼k) bruismeel
100 g botter, gesmelt
1 eier
125 ml (½k) melk
90 ml (4 E) gouestroop
10 ml (2 t) mielieblom
375 ml (1½k) kookwater

Voorverhit oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak met botter. Meng 60 ml van die suiker saam met die kaneel en meel in ’n bak. Voeg botter, eier, melk en 30 ml van die stroop by en roer goed. Skep in gesmeerde oondbak. Meng res van suiker met mielieblom. Sprinkel egalig oor beslag.

Meng kookwater en res van gouestroop en giet versigtig oor beslag. Bak 45 minute, tot gaar. Sit warm voor met roomys, vla of room.

Lewer 6-8 porsies.

Wenk: Ons het die poeding al met heuning gebak pleks van gouestroop. Jy kan ook esdoring-stroop (maple syrup) gebruik.