Wednesday 12 June 2013

Gebakte Malvapoeding




Naomi le Roux
Gebakte Malvapoeding Ma Naomi
Sit oond aan op 190°C

1 k meel (250 ml)
1 k melk (250 ml)
1 k suiker (250 ml)
1 e asyn (15 ml)
1 t koeksoda (5 ml)
1 e appelkooskonfyt (15 ml)
1 eier
1 e botter (15 ml)

Meng eier, suiker, botter en dan konfyt, koeksoda, meel en ook asyn.
Maak aan met melk en giet in 'n gesmeerde oondbak en bak bruin vir 30 min by 180°C. (350°F) Sit bakskottel op middelste oondrak.

Sous:
1½ k kookmelk (375 ml)
1 k room of ½ k botter (250ml room of 100 g botter -of Stork bake)
1 k suiker (250 ml)
Metode:
Meng alles saam en en voeg 2,5 ml vanieljegeursel by.
Laat 5 minute kook en gooi warm sous oor warm poeding.
Sit oond af en los die poeding in die oond tot benodig.
Bedien met vla.

Wenk: Maak altyd jou oond 10 grade warmer as die bak hitte.
Sodra die liggie doodgaan na die gebak in oond gesteek is,
bring die hitte af na die aangegewe hittegraad.
So spaar jy krag en die poeding bak gouer gaar.