Wednesday 12 June 2013

Suurlemoenaartappels



Naomi le Roux

Suurlemoenaartappels (12 porsies)
12 gaar middelslag aartappels in helfte deurgesny
50 ml suurlemoensap
15 ml gerasperde suurlemoenskil
50 ml botter of Stork bake
10 ml Aromat

Swart gemaalde peper na smaak.

Metode:
Pak aartappelhelftes in ’n oondskottel. Meng die suurrlemoensap, skil- en botter in ’n klein kastrolletjie. Verhit tot kookpunt. Giet oor aartappels en geur met Aromat en swartpeper na smaak. Sit voor. - Of bak onbedek vir 30 minute by 180°C (350°F.)


....as jy die aartappels nie gaan bak nie, moet jy die aartappels warm hou tot jy die sous oorgooi, maar dan raak dit krimperig. Ek sit so 3 - 4 aartappels heel in 'n plastieksak nadat ek dit goed gewas het en bak dit in my mikrogolfoond vir 12 minute op 100% krag. (500 W) Dan laat staan ek dit vir 10 minute en haal dit dan uit die sak uit. Sny deur en gebruik soos verkies. My Potato Bake doen ek dieselfde voordat dit in syfies gesny word en dan bak ek dit in die oond. Eerste maal toe ek die dis gemaak het was die aartappels nog rou toe dit uit die oond kom.