Tuesday, 18 June 2013

Broccoli Slaai (4 resepte)

Liefa Griesel

Broccoli Slaai
Neem 1 broccoli-kop en sny op in stukke.
Gooi kookwater oor en laat staan tot afgekoel.
Dreineer water.
Braai 1 pakkie gekapte bacon & laat afkoel.
Sny cheddar kaas in blokkies.


Maak sous:
1 Koppie mayonaise
2 lepeltjies suiker
Aromat
Growwe peper
'n Bietjie Suurlemoensap
Meng sousbestanddele goed.

Meng nou slaai bestanddele goed met sous.

Hierdie slaai is heerlik.


Cheryl-Ann Bowes

Rou broccoli, gebraaide bacon, kaas in blokkies gesny, neute. Sous: 1 koppie maynonaise, twee eetlpels Caster suiker, 1 teelepel mostert, i eetleper asyn. meng alles saam en sieda, lekker slaai.


Trix Struthers Marx

Jy kan ook di Brocolli baie min kook, dreineer en gooi so warm as moontlik in n bak en gooi dadelik Franse slaaisous oor en bedien louwarm. Kan ook biki asyn, olyfolie en klein biki suiker goed klop en dit oorgooi.


Santie Theunissen Potgieter

Sny jou broccoli fyn, sny klein blokkies appel en kaas by, ons sit sommer rosyne in en mayonaise, as jy wil kan jy bietjie grondboontjies ook by voeg!!