Monday 6 May 2013

Sjokolade-klapperkoekies




375 g sagte botter
375 ml suiker
750 ml bruismeel
500 ml klapper
500 ml graanvlokkies, baie fyn gemaak in ’n voedselverwerker
125 ml kakao, gesif
125 ml kookwater
150 g melksjokolade, gekap
Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n paar bakplate met bakpapier uit. Spuit liggies met kleefwerende kossproei. Verroom die botter en suiker goed tot lig en romerig. Voeg die meel, klapper en fyn graanvlokkies by en meng. Maak die kakao en kookwater aan tot ’n gladde pasta en voeg dit by die meelmengsel. Meng baie goed (gebruik sommer jou hande hiervoor, dit werk beter as ’n houtlepel). Rol die deeg in ewe groot balletjies en pak op die bakplate.
Druk elkeen plat met ’n vurk en bak vir 10-12 minute. Haal uit die oond en laat op die bakplate ferm word voor jy dit na ’n draadrak verskuif om heeltemal af te koel.
Sodra die koekies kamertemperatuur bereik het, smelt die sjokolade oor lae hitte tot glad en plak twee koekies daarmee op mekaar vas.
Laat hard word en bêre in ’n lugdigte houer. Lewer 60 koekies.