Monday 6 May 2013

Roompoffertjies




Cathy Henstock-Scholtz

Stel oond op 220 grade..250ml koekmeelblom gesif, 125ml botter of margarien, .250 ml water, 2ml sout, 4 eiers. Kook die water tot borrels maak, gooi botter in, wanneer botter gesmelt het, gooi meel en sout by. Roer vinnig met n houtlepel. Sodra die beslag van kante van kastrol loskom, en sagte bal vorm, haal van stoof af. Laat 5 min afkoel. Klits eiers een vir een by beslag. Skep teelepels vol, of as jy dit groter wil he, groter lepel, op gesmeerde bakplaat. Bak by 220 grade vir 10 min, en dan by 180 grade vir 20 min. Haal uit oond, en sny gleufie in poffertjie om stoom te laat uitkom. Klits room styf, en vul poffertjie, kan ook piesangmoes by room meng. Smelt sjokolade en skep oor poffertjies. Geniet! (Die geheim van n flatervrye poffertjie...die deeg moet sagte bal vorm na die meel ingeroer word) Bestanddele se verhouding moet ook baie sekuur afgemeet word.