Monday 6 May 2013

Roerbraairys met spekvleis en blaarkool





1 x 250 g spekvleis, gesnipper
1 ui, dun gesny
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 rooi brandrissie, baie fyngekap
5 ml geskroeide koljander
500 ml gaar rys (wit, bruin of Basmati)
1 x 410 g blik keker-ertjies, goed gedreineer
1/4 groot blaarkool, gekerf
30-45 ml sojasous
Sap van 1/2 suurlemoen
Vars gemaalde swartpeper na smaak
Braai die spek en ui saam in ’n groot wok tot gaar. Voeg die knoffel, brandrissie en koljander by en braai vir 30 sekondes. Voeg die rys en keker-ertjies by. Roerbraai tot die rys deurwarm is en voeg die kool by.
Roerbraai tot die kool begin verlep. Geur die roerbraai-mengsel met sojasous, vars suurlemoensap en vars gemaalde swartpeper en sit dadelik voor. Lewer vier porsies.