Monday 6 May 2013

Outydse Gortsop





1 kg sopbene
500 g stowebeesvleis, in klein blokkies gesny
 3 uie, fyn gekap
 5 wortels, gekap
 6 selderystele, gesnipper
 2 lourierblare
 Handvol vars pietersielie, fyn gekap
 4 liter water
 Sout en peper na smaak
 1 x 410 g blik gekapte tamaties

 250 ml (1 k) gort
 10 ml (2 t) suiker
Ekstra vars pietersielie en fyn gerasperde suurlemoenskil, om af te rond Verhit die bene, vleis, uie, die helfte van die wortels, die helfte van die seldery, lourierblare, pietersielie, water en ’n bietjie sout en peper saamin ’n groot kastrol tot kookpunt. Bedekenprut stadig vir sowat drie uur, of tot die vleis sag is.
 Verwyder die bene en sit die vleis terug in die pot. Voeg die res van die bestanddele by en prut vir sowat een uur, of tot die gort lekker sag is. Geur na smaak. (Voeg ekstra water of ’n bietjie vleisaftreksel by as die sop te veel afkook.)
 Lewer 10 porsies.