Monday 6 May 2013

Mosselsop





 2 Blikkies gerookte mossels in olie
 1 Ui
 1 Pakkie Cream of Chicken sop
 2 Pakkies Cream of Mushroom sop
 800 ml melk per pakkie sop
 Pietersielie
 Swartpeper

 Kap ui in growwe stukkies.
 Braai ui in mossels se olie tot sag.
 Maak intussen die sop met die melk aan.
 Voeg mossels by die uie, braai vinnig.
 Voeg sop bietjie vir bietjie by die mossels en uie, hou aan roer tot die sop deurgekook het en gaar is.
 As die sop te dik is, kan jy nog water by voeg.
 Bedien warm op met gekapte pietersielie bo-oor gestrooi.