Thursday 2 May 2013

Oreo balletjies met 3 bestandele





1 pakkie dubbellaag Oreo koekies (fyn)
250 gr roomkaas (cream cheese) (kamertemperatuur)
Sjokolade van keuse (gesmelt)
 
Breek oreo koekies in stukkies. Gooi in menger en maak fyn. Pols die menger die heeltyd anders bly die fyn koekies onder en die grooter stukke bly bo.
Neem roomkaas (effe versag) en meng in by die koekie mengsel.
Maak bolletjies.
Sit in yskas vir ongeveer ‘n uur
Smelt sjokolade in mikrogolf of op stoof in glasbak oor kokende water
Druk tandestokkie in balletjie en doop in die sjokolade
Plaas op bakplaat en laat afkoel.
Let wel: Die balletjie is baie baie soet, so maak dit nie te groot nie, omtent so ‘n opgehoopte teelepel grootte – okerneut grootte