Thursday 2 May 2013




Groentekoekies met geposjeerde eiers
 Genoeg vir 4 mense

 3 wortels, fyn gerasper
 1 aartappel, gerasper en oortollige vloeistof uitgedruk
 3 sprietuie, in skywe gesny
 1 prei, fyn gekap
 45 ml (3 e) gekapte vars pietersielie
 150 g (1½ wiele) feta, gekrummel
 45 ml (3 e) meel
 peper
 6 eiers
 45 ml (3 e) olie
 5 ml (1 t) witwynasyn
 1 Meng die wortels, aartappel, sprietuie, prei, pietersielie en feta in ’n bak. Voeg die meel by en geur met die peper.
 2 Skei twee van die eiers en roer die gele in die meelmengsel in. Klits die eierwitte tot die volume verdubbel het en vou dit dan by die meelmengsel in.
 3 Verhit die olie in ’n pan en skep lepels vol van die mengsel daarin.  Braai die koekies klompie vir klompie tot goudbruin weerskante.  Sit eenkant en hou warm.
 4 Bring water tot kookpunt in ’n kastrol en verminder dan tot dit prut. Voeg die asyn by. Breek ’n eier in ’n koppie. Roer die water met ’n lepel tot ’n draaikolk ontstaan en laat gly die eier in die middel van die kolk in die water in.  Kook 3 minute vir ’n sagte geel.  Skep met ’n gaatjielepel uit en plaas op kombuispapier om die oortollige water te verwyder.  Herhaal met die oorblywende eiers.
 5 Sit die geposjeerde eiers saam met die warm koekies voor.