Friday 3 May 2013





Maak laventel-badsout
250 ml seesout of growwe sout
500 ml Engelse sout
125 ml bakpoeier
5ml gliserien
20 druppels vlugtige laventelolie

125 ml droë laventelblommetjies (verkieslik Lavandula latifolia of Lavandula intermedia 'Grosso')

1 Meng die sout, Engelse sout en bakpoeier saam. Gooi die gliserien en vlugtige laventelolie by en meng deeglik.
2 Gooi laastens die droë laventelblommetjies by. Bêre die badsout verkieslik in 'n toeskroefbottel wat dig sluit.