Friday 3 May 2013

dun boerewors op roosmaryntakkies




Johann Breedt se dun boerewors op roosmaryntakkies

Bestanddele

1 kg bees dikrib grof gemaal
1 kg bees bors grof gemaal
500 g varkboud grofgemaal
500 g varkspek grof gemaal
500 g dun skaapderms
300 g roosmaryn stokkies


Marinade
200 ml Brandewyn
250 ml sjerrie
100 ml rooiwynasyn
50 g knoffel gekap
200 g uie gekap
10 g paprika
5 g tiemie
3 g pimento
45 g gemaalde koljander
1 g anyssaad

Metode
-Skroei speserye en uie op ‘n hoë hitte in ‘n souspan.
-Gooi vloeistof by en reduseer tot dik gekook.
-Meng met ‘n stokmenger tot ‘n dik pasta. Meng dit liggies met die gemaalde vleis en plaas in die vrieskas. Wees versigtig om nie die vleis te veel meng nie anders kan dit te styf wees.
-Stop die wors egalig en braai oor warm kole.