Sunday 12 May 2013

KAAS-EN-MIELIEMUFFINS




Genoeg vir: 12
Baktyd: 15-25 minute
Oondtemperatuur: 200 ºC
•500 ml bruismeel
•5 ml sout
•1 ml rooipeper
•3 sprietuie, fyngekap
•250 ml beleë cheddar, gerasper
•2 groot eiers
•80 ml olie
•120 ml melk
•1 x 410 g-blik geroomde mielies
1 Sif die meel, sout en rooipeper saam. Voeg die sprietuie en cheddar by.
2 Klits die eiers, olie en melk in ‘n aparte bak. Roer die mielies by. Voeg dit by die droë bestanddele en roer tot net gemeng. Skep in gesmeerde muffinpannetjies en bak in ‘n voorverhitte oond vir 15 tot 20 minute. Geniet warm met botter.