Monday 13 May 2013

Kerrie en Maalvleis Pasta



pakkie maalvleis
2t garlic
1ui
halwe greenpepper
3 lourierblare 2 stukke pypkaneel
sout
braaivleis speserye
garlic en herb speserye
10ml kerrie
5ml borrie
1 lepel chutney
50ml worcestershiresous
2lepels tamatiesous
2 t appelkoos konfyt
2t suiker
200ml koue water
Witsous
2 eetlepels margarine
2 eetlepels meel
knypie sout
peper
450ml melk
Kook n pak 500g macaroni in vinnige kookwater met sout en n paar druppels olie vir 20min. Gooi in vergietes en spoel af in koue lopende kraan water en hou eenkant.

Smoor ui en greenpepper in n bietjie olie.Voeg die lorierblare,garlic en kaneelstokkies by. Voeg nou die maalvleis en speserye en roer. Meng die worcestershiresous,chutney,kerrie,borrie,tamatiesous,suiker en appelkooskonfyt en die water in n beker en meng goed. Voeg kerriemengsel by maalvleis en roer. Kook maalvleis vir 25min tot gaar.
Witsous: Smelt 2 eetlepels margarine in n 500ml glasbeker in mikrogolf. Haal uit en roer 2 eetlepels meel en knypie sout en peper by margarine met bietjie melk en roer tot n gladde paste. Vul die beker met res van melk en roer goed en mikro dit vir 1min. Haal uit en roer weer en mikro vir nog n min so doen jy dit vyf min, maar doen dit n min op n slag en elke keer roer. Die witsous neem 5min in mikrogolf en geen aangebrande pot nie.
Spuit n oondvaste glasbak met spray en cook en plaas macaroni daarin. Voeg die kerriemaalvleis by macaroni en meng goed deurmekaar. Gooi witsous bo-oor en dan 3 koppies gerasperde kaas en bak teen 180 in oond vir 30min.
Hierdie resep is genoeg  vir 6 mense.