Thursday 2 May 2013

Heerlike Ribbetjies






2kg varkribbetjies
125ml tamatiesous
30-45ml klam bruinsuiker
30 ml soetrissiesous
60 ml sojasous

30 ml vars suurlemoensap
Voorverhit die oond tot 190 grade C en voer ’n paar bakplate met foelie uit. Pak die ribbe op die bakplate en bak vir sowat 30-40 minute tot gaar. Haal uit die oond en laat effens afkoel. (Dis belangrik, anders sal die marinade net afgly as jy dit op vuurwarm ribbetjies smeer.) Meng die tamatiesous, suiker, rissiesous, sojasous en suurlemoensap saam. Bedek en verkoel tot reg om te gebruik. Voorverhit die oond se roosterelement. Smeer die ribbetjies goed met die marinade en oondrooster tot gaar na jou smaak. Smeer gereeld nog van die marinade oor. Sit voor met aartappelskyfies.
Lewer tien porsies.