Friday 26 April 2013

Grondboontjiebotter-en-jêmtoebroodjiepoeding





BESTANDDELE

1/3 k growwe grondboonbotter
8 dik snye dag-oud witbrood
1/3 k frambooskonfyt
Botter, saggemaak, vir smeer
250 ml slagroom (whipping cream)
160 ml melk
3 eiers + 1 eiergeel
80 g strooisuiker
5 ml vanieljegeursel of sade van 1 vanieljepeul
Bruinsuiker (Demerera) vir sprinkel

METODE

Voorverhit die oond tot 160 C.
Smeer twee snye met grondboontjiebotter aan die een kant en sit twee snye bo-op.
Smeer nou die ander twee snye met konfyt en plaas oorblywende twee snye bo-op.
Sny die korsies af, sny elke toebroodjie in 4 kleiner toebroodjies (dus blokkies, nie driehoeke nie).
Botter elke mini-toebroodjie en pak in ‘n kleinerige oondvaste bak. (sowat 625 ml kapasiteit bak).
Meng die room, melk, eiers en ekstra eiergeel, suiker en vanielje in ‘n bakkie en klits.
Gooi dit geleidelik oor die brood en laat goed week vir 2 minute.
Besprinkel die broodpoeding met die bruinsuiker.
Plaas die bak in ‘n oondpan.
Vir die waterbad: gooi genoeg kookwater tot halfpad van die poedingbak.
Bak 40-50 minute tot net gaar.
Haal uit en laat staan 10 minute voor bediening.
Bedien met vla.

Wenk:
jy kan ook grondboontjiebotter-en konfyt op elke broodjie smeer.

Vervang die frambooskonfyt met appelkoos.