Sunday 28 April 2013

Die beste kaasbroodjies



4 dik snye vars witbrood
Botter, vir smeer
375ml fyngerasperde cheddarkaas
45ml dik mayonnaise
5ml Dijon-mosterd
1 eier

Vars gemaalde swartpeper (opsioneel)
Voorverhit die oond se roosterelement. Smeer die brood met botter en pak op ’n bakplaat. Meng die kaas, mayonnaise, mosterd en eier goed saam.
Verdeel tussen die 4 snye brood en smeer egalig, tot in die hoeke. Sit die bakplaat onder die roosterelement tot die kaasmengsel goudbruin en borrelend is. Haal uit die oond en sit dadelik voor.
Lewer vier porsies.