Friday 26 April 2013

Mosterdsteak




Onthou net die gulde reël vir steak braai – die vleis moet kamertemperatuur wees voor dit gebraai word en hoe warmer die kole, hoe beter.

1 kg steak van jou keuse, teen kamertemperatuur
30 ml Dijon-mosterd
Olyfolie
Balsamiese asyn
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Sap van 1 suurlemoen

Mosterdsous
500 ml room
30 ml heel korrelmosterd
20 ml heuning
Sout na smaak

Smeer die steaks goed in met die mosterd, drup olyfolie oor en laat staan vir 10 minute. Drup balsamiese asyn oor. Draai die steaks om sodat albei kante met ’n asyn-en olielagie bedek is. Sit op die rooster en geur met sout en peper. Braai vinnig op warm kole tot geseël, draai om en geur aan die ander kant met sout en peper. Braai tot gaar na smaak. Verwyder van die kole en druk vars suurlemoensap bo-oor uit. Laat rus die vleis vir 5-10 minute.

Vir die sous: Verhit die room, mosterd en heuning tot kookpunt en kook vinnig tot dit met die helfte afgekook is en begin verdik.

Geur na smaak met sout en sit voor met die steak. Sit voor met knoffelbrood of aartappels en slaai.

Lewer 4-6 porsies.