Monday 29 April 2013

macaroni- en kaasresep












Hierdie macaroni- en kaasresep is lekker vir ’n vinnige en ligte aandete of middagete.
Bestanddele:
250 gram macaroni
300 gram gerookte spek
250 gram sampioene
1 ui
sout
peper

2 eetlepels botter/margarien/olyfolie
2 eetlepels koekmeelblom
200 ml melk
300 gram gerasperde kaas (cheddar of ander skerp kaas na smaak)
Metode:
Witsous:
- Smelt die botter/margarien/olyfolie in ’n pot en roer die koekmeelblom en ’n knippie sout by. Meng tot glad
- Voeg die melk stelselmatig by en roer deurentyd oor lae hitte
- Wanneer die sous dik word, voeg 100 gram van die kaas daarby en meng goed
- Voeg sout en peper by na smaak
- Verwyder van die stoof
Uie, spek en sampioene:
- Voorverhit die oond tot 180˚C
- Kook die macaroni tot amper gaar en dreineer
- Kap die ui fyn en braai lig in ’n kastrol
- Sny die spek in klein stukkies (ongeveer 2cm) en voeg by die uie
- Braai vir 2 tot 3 minute
- Sny die sampioene op en voeg dit by die uie. Braai vir nog 2 tot 3 minute
- Voeg die witsous by en verwyder van die stoof
- Gooi die gekookte macaroni in ’n gesmeerde oondbak
- Gooi die uie-, spek-, en sampioensous oor die macaroni in die oondbak
- Strooi die res van die gerasperde kaas oor en bak vir 15 tot 20 minute in 180˚C