Thursday 28 February 2013

Wit tafel met groen

Kyk net hoe pragtig en stylvol kan 'n tafel lyk sonder....al die honderde versierings, sonder al die honderde kleure, sonder al die honderde oordadige dinge, sonder al die honderde onnodige ekstra uitgawes om al daardie dinge aan te skaf.

'n Wit tafeldoek.  'n Netjiese stel wit borde en 'n netjiese stel eetgerei.  'n Wit lapservet en een blom.

Dit laat my dink aan wat hul altyd sê:  Eenvoud is styl.
(foto perfectweddingday)