Thursday 28 February 2013

Bladmusiek as tafel dekor

Hierdie fototjie het ek gekry nadat ek lank gesoek het vir iets wat my idee kon illustreer:  Bladmusiek as tafel versiering en/of plekmatjies.  Dit kan baie klassiek en treffend lyk.
Hou egter die volgende in gedagte:

1)  Moenie duur bladmusiek hiervoor gebruik nie.  Maak eerder afskrifte aangesien dit vuil kan raak, so jy moenie jammer voel vir die papier nie.  (As jy dit bietjie wil "verouder" gebruik teesakkies om die papier 'n ou verweerde voorkoms te gee uit antieke dae.)
2)  Anders kan jy die bladmusiek lamineer. 
3)  As jy bang is die warm bord kan dalk die laminering skade aan doen, gebruik die blaaie as "runner"(loper) op jou tafel eerder as plekmatjies.