Thursday 28 February 2013

'n Krans vir die voordeur op Paasfees

Hergebruik die krans wat jy kerstyd op jou deur gehad het.  Haal die kersversierings af en vervang met eiers. 
Of neem takkies uit jou tuin en draai hulle saam in 'n sirkel om 'n nuwe krans te vorm. 
Versier dan met goedjies wat jy sommer in 'n speelgoedwinkel vir baie goedkoop kan kry, bv. klein kuikentjies, nessies, plastiek eiertjies, of dalk 'n hasie of twee.  Die kinders gaan beslis daarvan hou en dit maak sommer net die dag meer vrolik as jy jou gaste so verwelkom by die voordeur.
(foto sheknows)