Thursday 28 February 2013

Sorg vir jou snybord in die kombuis

Om seker te maak jou houtbord is skoon en reg vir gebruik is hier drie maklike stappe van hoe om dit skoon te maak en boonop kiemvry.

1.       Was jou houtbord met warm seepwater en spoel goed af met skoon water.  Laat dit heeltemal droog word.  Strooi nou ‘n laag growwe sout oor die bord.
2.       Sny ‘n suurlemoen in die helfte en smeer dit bo-oor die sout op die bord.  Skrop so met die suurlemoen vir ‘n paar minute.
3.       Spoel af met kokende water en droog die bord.

Hierdie metode behoort alle kieme dood te maak en jou bord weer varsheid te laat herleef.