Thursday 28 February 2013

Tuisgemaakte muesli




Genoeg vir: 4
• 300 ml hawermout
• 250 ml semels
• 250 ml gemengde droëvrugtestukkies
• 60 ml sultanas
• 60 ml gekerfde klapper
• 60 ml amandelsplinters

• 15 ml sonneblomsaad
• 200 ml gewone jogurt
• esdoringstroop om voor te sit
1 Meng al die bestanddele vir die muesli, behalwe die jogurt en stroop, in ’n groot mengbak.
2 Bêre die mengsel in ’n verseëlde houer tot benodig. Sit dit voor met ’n skeppie jogurt en drup stroop bo-oor. Gooi melk by indien verkies.