Thursday, 6 December 2012

KORING SLAAI

Lettie Swarts
500ml Gaar stampkoring
1 tot 2 groot Gekapte uie
125ml kookolie
25ml suiker & 2ml borrie
(Opsioneel’)Gekapte seldery stingel
1 desertlepel blatjang 250ml ingemaakte perskes (gesnipper)
1 soet groenrissie (ontpit en gesnipper)
1 elk rooi en geel soet rissie
25ml asyn
5ml kerriepoeier & sout na smaak

Meng die koring, perskes, ui en soetrissie in , slaaibak.

Meng die res van die bestanddele goed en giet dit oor die koringmengsel

Meng goed en plaas dit vir minstens 4 ure in die yskas sodat die smaakmiddels goed kan meng.

Resep lewer 10-12 porsies. (Dit kan ‘n dag of twee voor die tyd gemaak word en in die yskas gehou word)