Tuesday 4 December 2012

Kat koekies / frikkies

So jy het vir jou kat spesiaal kat beskuitjies gaan koop ten duurste by die winkel en hy/sy trek net haar neus daarvoor op.  Jy kan tognie die pakkie in die drom gooi nie want dis geld mors en hoe dan nou gemaak?

Hier is In en om die huis se oplossing vir jou.  Dalk ook 'n oulike idee vir kersfees.

In en om die huis se Kat-Frikkies: 

1 Blikkie katkos
± 1 koppie heel kat beskuitjies

Maak die beskuitjies baie fyn in 'n voedselverwerker.
Meng nou net genoeg beskuitjie krummels by die katkos sodat dit maklik bolletjies vorm.  (Soos frikkadelle.)  
Maak bolletjies en sit op ‘n bakplaat soos jy sou maak wanneer jy koekies bak.  (Druk liggies bo-op elke koekie / bolletjie met ‘n vurk om dit bietjie platter te maak en mooi te vorm.)  Plaas in voorverhitte oond teen 180 grade vir so 15 min.

Dis die ideale "Cat-snack" vir kerstyd..........of sommer enige tyd van die jaar.

Bron:  Facebook / In en om die huis member shared