Tuesday 4 December 2012

Idees met Coke




Coke is nie net lekker saam `n braai nie, maar kan ook gebruik word vir die volgende:

Gooi 'n blikkie Coke in die toilet en laat staan vir 'n uur. Spoel die toilet en jy sit met 'n sprankel skoon toilet.

Laat lê jou geroeste items in Coke vir 'n paar minute en was dan af.

'n Heerlike manier om 'n vark boud gaar te maak is om 'n blikkie Coke in die pan te gooi. Maak die vark boud toe in foelie.  Bak die vark boud tot net so 'n halfuur voor gaar. Verwyder die foelie en bak vir die laaste halfuur.  Die sous van die vark boud en die Coke meng dan om 'n heerlike sous te maak.

Om vet kolle van klere te verwyder is om 'n blikkie Coke op die klere te gooi. Was dan die klere soos normaal.  Die Coke sal help om die vetkolle op te breek en te verwyder.

Wanneer jy sukkel om 'n geroeste skroef los te draai, gooi Coke op 'n lappie en hou die lappie teen die skroef vir 'n paar minute.

Wanner jou kar battery terminale aangepak is neem net Coke en gooi dit oor die terminale. Die Coke sal die terminale skoon vreet.

Was vetterige voorruit met Coke. Coke bevat Fosforsuur. Die suur breek die vet af. Was dan die ruit na die soos gewoonlik.