Tuesday, 4 December 2012

Troeteldier bedjies van ou kussings

Maak Kerstyd vir jou honde of katte kind 'n spesiale sagte slaap plekkie - sy eie bedjie.

Gebruik 'n ou slaapkamer kussing wat jy nie meer op jou bed wil hê nie en trek hom oor met mooi materiaal. 
Borduur dan sy/haar naam daarop en siedaar in 'n kits het jy jou katte of honde kind baie gelukkig hierdie kerstyd met 'n snoesige sagte bed wat jou niks gekos het nie.

Wenke:

1)  Jy kan 'n ritsluiter daarin sit om dit maklik af te kan haal vir wasdag.
2)  As dit vir 'n kietiekat is, kan jy van wol pom-pom balletjies maak en dit rondom die kussing vas werk dan is dit sommer speelgoed ook.
3)  As jy nie goed is met naaldwerk nie, koop net 'n mooi kussingsloop (hulle is darem nog goedkoop in party winkels) en borduur dan jou troeteldier se naam daarop (of vra 'n tannie wat dalk goed is met borduurwerk om te help.)