Sunday, 9 December 2012
COQ AU VIN
COQ AU VIN - Die Nataniël Tafel
JY BENODIG
3 e olyfolie
1 hele hoender van sowat 3½kg
800g jonguitjies
200g gerookte vark, in blokkies gesny
2 wortels, in ringe gesny
5 knoffelhuisies
3 selderystele, gesny
3 preie, grofgekap
'n paar salieblaartjies
1 roosmaryntakkie
1 klein bossie tiemietakkies
3 kruienaeltjies
1 t mosterdsaad
1 t gemengde peperkorrels
2 k rooiwyn van Checkers Wines of the World
METODE
Verhit olie in pan. Verbruin hoender en plaas in oondbak. Verbruin uitjies en voeg by hoender. Verbruin spek en voeg by. Verbruin wortels, knoffel, seldery en preie. En voeg by hoender. Voeg res van bestanddele by. Bedek en plaas in oond vir 60 minute teen 180˚C. Haal deksel af en bak in oond vir nog 30 minute. Sit voor met geroosterde brood.