Sunday, 9 December 2012
GEVULDE TAMATIES
GEVULDE TAMATIES - Die Nataniël Tafel
JY BENODIG
6 ferm, ryp middelslagtamaties
sout en pasgemaalde swartpeper
3 k gerookte ham (gammon), fyngekap
2 salotte, fyngekap
1 bossie (sowat 1 k) pietersielie, grofweg gekap
1 e sagte, gesoute botter
METODE
Verhit oond tot 180˚C. Smeer 'n bakplaat liggies met olyfolie of botter. Sny 1cm aan die bokant van elke tamatie af – soos 'n "dekseltjie". Skep die pitte en kern van elke tamatie met 'n teelepel uit en gooi weg. Besprinkel die binnekant van elke uitgeholde tamatie ruimskoots met sout. Pak tamaties op die bakplaat en sit eenkant. Meng ham, salotte, pietersielie en botter. Geur met sout en peper. Vul elke tamatie met die ham-mengsel. Skep die vulsel losweg in sodat dit 'n hopie bo-op maak. Bak vir 30 minute teen 180˚C, of totdat die mengsel borrel en die tamaties sag is. Sit dadelik voor.