Thursday 8 November 2012

RYK EN MAKLIKE VRUGTEKOEK




Die Nataniël Tafel

JY BENODIG
2½ k vrugtekoekmengsel met neute
½ k versuikerde sitrusskil
1½ k water
1 k suiker
250g botter
1 t koeksoda
knippie sout
1 k volkoringmeel
1 k koekmeel
1 t bakpoeier
1 eier, geklits

METODE
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer 'n middelslagkoekpan. Kook die vrugtekoekmengsel, water, suiker, botter, koeksoda en sout vir 20 minute saam. Laat afkoel, roer sitrusskil by. Roer die meel, bakpoeier en eier in die vrugtemengsel. Skep in die koekpan en bak vir 1 uur.