Monday 1 October 2012

Waaieroond

Hoekom is die een kant van ‘n koek altyd donkerder as die ander kant wanneer ek dit in my waaieroond bak?
Waaieroonde, ook bekend as konveksieoonde, versprei die hitte egalig deur die oond, teenoor konvensionele oonde, waar die hitte van onder af kom. Maar soms bly die meeste van die hitte agter by die waaier. Daarom moet jy die pan met jou gebak omdraai sodra die helfte van die baktyd om is. Verlaag ook die oondtemperatuur in die resep met 10 °C tot 20 °C, aangesien ‘n waaieroond warmer is as ‘n konvensionele oond. Jy sal ook die baktyd met sowat 20% moet verminder. So gebruik jy ook jou oond meer ekonomies.