Monday 1 October 2012

Vinnige onthaal happie - Crostini

Soek jy 'n maklike en vinnige onthaal happie wat stylvol lyk? Ek het nou eers uitgevind wat is Crostini - jip kan jul glo (nooit die fancy woord geken nie). Wel dis so eenvoudig, maar lyk baie treffend op enige partytjiebord.
  Jy neem baguettes en sny hul op, smeer olyfolie oor elke skyfie en plaas in oond tot goudkleurig. Siedaar - bere in lugdigte houer to jy gereed is om te bedien met bv. sundried tomatoes of tapenade of waarvan jy ook al hou.  Ideale Kersfees snoephappies vir jou gaste - sorg net dat jou garnering rooi en groen in sluit om dit nog meer feestelik te maak.