Tuesday 25 September 2012

Skilpadjies (Lewer in netvet)

Ai dit bly maar lekker.....

BESTANDDELE:
500g lewer
1 kg netvet
Sout en peper

METODE:
Sny die lewer in stukkies.
Sny dun gedeelte van netvet in stukkies.  (Net groot genoeg om die lewerstukkies toe te draai.)   Gooi sout en peper na smaak op die lewerstukkies en draai elkeen in 'n stukkie netvet toe.
Steek die vet met 'n tandestokkie vas.

Heerlik as jy dit oor die kole braai, maar kan ook in 'n pan gebraai word of in die oond.