Tuesday 25 September 2012

Perske konfyt - Vinnige verneuk resep

Nie almal van ons het toegang tot 'n perskeboom in ons tuin of 'n groot aantal vars perskes nie.  So hier is 'n resep wat enige iemand kan maak, met 'n bietjie "skelm vernuf" - om sodoende ook jou eie konfyt te kan bottel en op die spens rak te kan sit.

Bestandele:
2 blikkies ingelegde perskes (822g) - "Sliced Yellow cling peaches" werk goed.
2 K suiker

Metode:
Gooi die perskes met stroop en al in 'n medium pot en kook oor lae tot medium hitte vir 'n halfuur.
Roer elke nou en dan.
Gooi nou die suiker by en kook op medium hitte vir 2 ure.  (Onthou dit moenie vinnig kook nie - eerder "simmer")
Roer gereeld gedurende hierdie kook proses sodat dit nie vas brand nie.
Sodra dit lyk soos konfyt en die regte dikte bereik kan jy dit bottel.
Gooi in gesteriliseerde glas potjies en verseel.