Tuesday 25 September 2012

Kentucky Hoender (2 resepte)

Christelle Vorster
 
Goed, so hier is die resep: 1 deel Robertson's Gold 'n Crispy vir hoender (hoender spesery geur), 'n halwe deel koekmeel, een teelepel aromat, halwe teelepel steak & tjop seasoning - addisionele sout na smaak. Sny hoender steaks in repies of blokkies, doop in geklitste eier en daarna in die meel mengsel - vlakbraai in warm olie - dreineer op handdoek papier. Heel porsies hoender kan ook gebruik word. Daar is verskillende geure van die Robertson's, maar ek vind dat die blou boksie die beste werk. Jy kan dieselfde doen en dit dan in die oond bak soos wat die pakkie aandui, maar ek vind dat alhoewel die hoender heerlik is, daar nog 'n melerigheid op die hoender agterbly! Lekker eet almal! Laat weet my asb of dit vir julle ook lekker is?
 
Marieta Jonker
 
Ek maak die hoender in die micogolf gaar en druk dit droog met handoekpapier en daarna in eier en dan in Aromatkrummels (geel boksie)wat met broodkrummels gemeng is. Sit vir so halfuur in die yskas en bak in diepolie vir 8 minute. Blykbaar lekkerder as Kentucky volgens my familie, ek weet nie, want ek eet nie hoender nie!