Friday 21 September 2012

Pasta /braaiwors slaai



Lourens de Lange
15 ml olyfolie
25 ml botter
2 uie, geskil en in dun skywe gesny
2 vet knoffelhuisies, fyn gekap saam met 5 ml sout
250 ml swart olywe, ontpit
100 g fetakaas, in blokkies gesny
1 (425 g) blik selderyroomsop
1 kg Shoprite Checkers Championship Boerewors, gaar en in 5 mm-skywe gesny
4 groot, rooi, ryp tamaties, in kookwater gedompel,
skil afgetrek en in dik skywe gesny
sout en vars gemaalde swartpeper
100 ml cheddarkaas, gerasper
50 ml tamatiesous

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Verhit die olie en botter en braai die uie en knoffel tot die uie sag en deurskynend is.

Verwyder van die hitte.

Voeg die olywe, fetakaas, sop en wors by die uie en knoffel in die pan en meng goed.

Rangskik tamatieskywe in ’n gesmeerde oondvaste dienbak.

Geur met sout en peper.

Skep die worsmengsel bo-oor en sprinkel die kaas oor.

Bak sowat 15 minute of tot gaar en sit voor met tamatiesous