Friday 28 September 2012

Nataniel se beet rogbroodjies

Vinnig en maklik:  ROGBROOD MET BEET

JY BENODIG
12 Jongbeetjies, gekook of gebak
Rissiekonfyt of soetrissiejellie (of enige ander soet, maar branderige konfyt)
100g Sagte bokmelkkaas
12 Snye rogbrood, in vierkantjies gesny
Varsgemaalde swartpeper
Vars roketblare

METODE
Skil die beet terwyl dit nog warm is. Sny in skyfies in ’n bak en roer ’n lepel of twee van die konfyt daardeur. Laat afkoel. Smeer die bokmelkkaas op die brood.Pak die beetskyfies daarop. Geur met swartpeper. Tooi met roketblare en dien op.