Friday 28 September 2012

Pastel kleur in jou tuin

Lorinda het hierdie oulike fototjies vir ons op gesit op die FB blad en jy kan maklik iets soortgelyks skep in jou tuin of op jou stoep.

'n Ou leer wat al sy dae gehad het, kan maklik nuwe lewe kry met 'n laag verf, verf mooi potte vir jou plante in soortgelyke kleure of kleure waarvan jy hou en plant hul dan propvol petunias.

Nog 'n oulike idee, hierdie keer vir 'n skadu tuin, is die fototjie hieronder.  Impatiens gee tonne kleur aan skadu areas in jou tuin.  Onthou groepering in onewe getalle is altyd treffend.  Hostas is pragtige plante vir skadu en sal mooi vertoon saam met die impatiens.