Wednesday 8 August 2012

Yorkshire-poeding




En moet nie dink Yorkshire-poeding is 'n poeding soos ons dit verstaan nie. Dit is ’n ligte brood wat dateer uit ’n tyd in Engeland toe verskeie kossoorte “pudding” genoem is

Oorspronklik is Yorkshire-poeding bedien as voorgereg. Vandag word dit eerder met ’n vleissous saam met die hoofmaal bedien.

250 g meel
2 eiers
125 ml melk
125 ml water
sout
olyfolie

Plaas al die bestanddele, behalwe die olie, in 'n voedselverwerker en meng vir een minuut. Laat staan vir twee ure.

Gebruik 'n muffin-pan, smeer met bietjie olie, en plaas in 'n 200ºC oond vir vyf minute.
Gooi die deeg in die pan en bak vir 30 minute.