Wednesday, 22 August 2012

WARM KORINGSLAAI



300g Stampkoring
3 groot uie (gekap)
2 e kookolie
300g vars sampioene
1 blokkie hoenderekstrak
1 k kookwater
1 k room (opsioneel)
Sout en peper na smaak

Was koring en kook in genoeg soutwater tot sag en dreineer goed.
Soteer uie in kookolie tot sag.
Vee sampioene met ‘n klam lap skoon, sny in skywe en braai verder saam
met die uie tot gaar.
Meng koring en uiemengsel en skep in ‘n gesmeerde middelslag
bakskottel met ‘n deksel.
Verkrummel die ekstrakblokkie, los in die kookwater op en giet (saam
met die room)
oor die koringmengsel.
Geur met sout en peper na smaak.
Plaas deksel op bakskottel en bak 40 minute in ‘n voorverhitte oond by
180°C.
Roer goed deur en bedien warm.