Bella was die inspirasie om hierdie sop te maak, kyk net hoe lekker sit en eet sy aan die jong mielies.
1 middelmatige ui
25g botter
15ml meelblom
450ml warm melk
450ml hoenderekstrak
1 blik geroomde suikermielies
selderysout
peper
60ml room
Kap ui fyn en braai vir 5 minute in botter. Voeg meelblom by en kook
vir ’n minuut of wat oor lae hitte. Roer gereeld. Haal pot af en gooi
die warm melk by terwyl mengsel geklop word. Sit pot terug op plaat
en voeg ander bestanddele, behalwe die room, by. Roer gereeld totdat
dit begin kook. Stel hitte laer en voeg room by. Meng goed en verhit
deeglik.
Opsioneel Meng 10ml brandewyn en 2ml suiker en gooi in sop net
voordat dit bedien word.