Wednesday, 22 August 2012

Mostertsous

Lucia Susan Visagie

Hier is 'n reseppie uit Sarie: Dis werklik een van die maklikste goed om te maak!

(sowat 3 x 125 ml-bottels)

90 ml geel mosterdsaad
45 ml swart mosterdsaad
150 ml witwyn (moenie ’n té droë wyn gebruik nie)
150 ml wit asyn
2 klein uitjies (piekeluitjies), fyngekap
1 ml wonderpeper (allspice)
5 ml sout
2,5 ml witpeper
15 ml suurlemoensap
20 ml strooisuiker
Plaas al die bestanddele in ’n plastiekbak met ’n deksel. Sit oornag in die yskas. Wanneer jy die volgende oggend die bak oopmaak, sal die mosterdsade uitgeswel wees. Gooi die mengsel in ’n versapper. Verpulp tot alles goed gemeng is, so 2 minute. Skep in gesteriliseerde bottels. Laat die mosterd vir minstens ’n week staan voor jy dit gebruik.

Wenk
As jy sterker mosterd verkies, kan jy meer swart mosterdsade byvoeg. Dis hulle wat dit sterk maak.