Thursday 30 August 2012

Vullisblik

Sit bietjie katsand onder in jou vullisblik as dit ruik. Vervang wanneer klam.
Hou die vullisblik higiënies deur kalk en amoniak op die bodem te gooi of Spuit ´n mengsel van Jeyes Fluid en water op jou vullisdrom om te sorg dat diere dit uitlos.
Gooi ys in houer gedoop in skuurpoeier en skud dit in die houer rond. Gooi dan ‘n paar suurlemoen of lemoenskille in om reuke te verwyder.
Gooi ‘n bietjie kookwater binne-in plastiekbottels sodat bottel sag word. Druk dan plat en gooi in asblik.