Thursday 30 August 2012

ROMERIGE HOENDERKERRIE





8 hoenderdytjies
25ml sonneblomolie
1 uit in dun skyfies gesny
5ml fyngedrukte knoffel
5ml gerasperde gemmer
45ml matige hoenderkerrie-masala of kerriepoeier
1 blik klappermelk
300ml klaargemaakte hoenderaftreksel
4 aartappels geskil en in blokkies gesny
200ml bevrore ertjies
50ml geroosterde kasjoeneute

Trek die vel van die hoenderdyties af. Verhit ‘n bietjie sonneblomolie in ‘n kastrol en braai die hoender tot bruin. Skep die hoender uit die kastrol en hou dit eenkant.

Verhit die res van die olie en soteer die ui tot sag. Voeg die knoffel, gemmer en hoenderkerrie-masala by. Roer ‘n bietjie klappermelk en die hoenderaftreksel by. Voeg die hoenderstukke en aartappels by en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte, sit die deksel op en laat dit vir 35 minute prut. Gooi dan die res van die klappermelk en die ertjies by. Laat dit vir 5 minute prut. Geur die kerrie na smaak en sit dit voor met ‘n strooisel kasjoeneute bo-oor.