Friday, 31 August 2012

Versuikerde rose

As jy maklike versiering soek vir 'n koek is 'n roos of roosblare wat gedoop is in suiker altyd baie spesiaal.  Dis maklik.  Jy kan dit doen sonder enige spesiale kennis.

Neem 'n mooi roos of selfs individuele roos blare.  (Maak seker dis skoon van enige goggas of sand.)  Klits eierwit liggies en verf met 'n fyn verfkwassie oral waar jy wil he die suiker moet vas sit.  Sprinkel dan fyn versiersuiker oor of doop die blaartjies een vir een eers in die eierwit en dan in die versiersuiker.  Laat droog word.