Wednesday, 22 August 2012

TWEE MINUTENOEDEL SOETRISSIEGARNALE:

TWEE MINUTENOEDEL SOETRISSIEGARNALE: [deur Aletta Lintvelt]
Wenk in plaas van die kruie kan jy ook 2 eetlepels rooi Thaise kerriepasta gebruik.
Vir 4
Voorbereityd 5 minute
Gaarmaaktyd 5 minute
As ek haastig is, gebruik ek sommer gaar, sko...
ongemaakte garnale, maar vir ’n regte Singapoerse geur moet jy groot, rou garnale in die dop gebruik. Dit is morsig maar lekker!
Jy benodig
•2 pakkies tweeminuutnoedels
•16-20 garnale
•2 teelepels Maizena (mielieblom)
•2 eetlepels olyfolie
•2 knoffelhuisies, fyngekap (of 1 eetlepel uit ’n fles of vlokkies)
•5 cm vars gemmerwortel, gerasper (of 1 eetlepel gemmerpasta)
•2 rooi rissies, fyngekap (of 1 eetlepel droë vlokkies)
•2 eetlepels soetrissiesous
•1 koppie tamatiesap (of tamatie passata)
•1 eetlepel heuning of tamatiekonfyt
•klein hand vol vars koljanderblare, gekap
•sojasous of sout na smaak
•gemaalde swartpeper
•1 lemmetjie of suurlemoen, in skyfies gesny
Só maak jy
1.Gooi die geurselsakkie van die tweeminuutnoedels weg en maak die noedels aan volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer. Sorg dat jy alles afgemeet en byderhand het voor jy verder gaan. (Indien jy vars garnale in die dop gebruik, moet hulle heeltemal ontvries wees en die swart dermpie moet verwyder wees.)
2.Meng die mielieblom met ’n eetlepel of twee koue water tot ’n pasta in ’n koppie.
3.Braai nou die knoffel en al die speserye in die olie. Indien jy rou garnale gebruik, voeg dit nou by en roerbraai vir 30 sekondes oor ’n hoë hitte.
4.Voeg die soetrissiesous, tamatiesap en heuning by. Sodra dit begin kook, meng die mielieblommengsel vinnig in. Bly roer totdat die sous verdik. Indien jy gaar garnale gebruik, voeg dit nou by en laat dit deurwarm raak.
5.Verwyder van die hitte en strooi die koljanderblare oor. Geur met sojasous of sout en ’n paar draaie swartpeper saam met die noedels op die tafel of verdeel die noedels, garnale en suurlemoenskyfies tussen 4 bakkies