Wednesday, 22 August 2012

MAALVLEISKERRIE-ROTI


6ml sonneblomolie
2 uie fyngekap
2 kaneelstokkies
4 naeltjies
4 kardemomsade
1 takkie kerrieblare
1kg ekstra maer beesmaalvleis
3 knoffelhuisies fyngedruk
10ml gerasperde vars gemmer
1 vars rissie ontpit en gekap
1 blik gekapte tamaties
10ml elk fyn koljander en komyn
10ml kerriepoeier
2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
250ml bevrore ertjies
50ml vars gekapte koljanderblare
rot's of vetkoek

Verhit die olie in 'n kastrol. Voeg die ui, heel speserye en kerrieblare by en braai dit vir 'n paar minute tot geurig. Voeg die maalvleis by en braai dit bruin. Gooi die knoffel, gemmer, rissoe, tamtie en fyn speserye by. Sit 'n styfpassende deksel op en laat dit vir 15 minute prut. Voeg die aartappelblokkies by en laat dit vir nog 15 minute met die deksel op prut.

Voeg die ertjies en koljander by en kook dit vir 5 minute. Haal die heel speserye uit. Geur dit en sit dit voor - toegerol in 'n roti of in 'n oopgesnyde vetkoek.